Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "saans as die son" deur MARLISE JOUBERT
"saans as die son" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #23982] Di, 15 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
saans as die son
Marlise Joubert

saans as die son sy fluite neerlê
tot kuipe moer afsak uit die middernag
kom die verlange
oor elke uur bedruip o so
wil ek nie sterf nie

saans met die son neergewieg
in wingerde se roesbruin ledekant
kom die verlange soos 'n laaste gulp
van suurwyn tussen die tande lê o so
wil ek nie sterf nie

my tuine kwetter reeds vol dooie voëls
en die saadkuil het leeggedrup
die waterbak verdor
en slegs die seegeslypte klippies
sprei teen rou rande uit o so
wil ek nie sterf nie

daarom liefste hierdie woorde
om alle moddervrugte te besweer
wat klewerig oopbars in die nagtelike vuur
en voordat ek sterf aan 'n brandende aarde
sal jy nog eenmaal deur die landskap
van my verlange loop nakend
soos saad wat tol deur 'n son se wind
weer met die lint van alle seisoene
om jou lyf gebind voor my staan
stralend jouself vir my offer

en saans sal weer verspoel
met tuine vol voëls en die klippe
sal ratel soos skurwe kore
onder viole van water en so
sal ek nie sterf nie
want jy het gekom
jy het gekom
Re: "saans as die son" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #23983 is 'n antwoord op boodskap #23982] Di, 15 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
O wee, die verlange
na saans
as die son sak oor Tafelberg
en die rooi van die westerkim
se gloed in suidoos se tierend' vaart
sigbaar is
dan weet ek
oor heel die wêreld heen:
net een mooiste kaap
die kaap van storms
en dan weet ek ek's tuis
waar ek hoort
by my eie

*****

En dis nou nie 'n gekap na Marilese Joubert nie.
Sommer net my eie

@igs.net wrote in message ...
>
> saans as die son
> Marlise Joubert
>
> saans as die son sy fluite neerlê
> tot kuipe moer afsak uit die middernag
> kom die verlange
> oor elke uur bedruip o so
> wil ek nie sterf nie
Vorige onderwerp: "Meeu" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: Fragment deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:25:18 MGT 2024